Ons dienste sluit in…
Drone-toediening
Ons lewer professionele drone-toedieningsdienste vir graan, wingerde, boorde en
ander landbougewasse. Met moderne hommeltuig-tegnologie kan ons
gewasbeskermingsmiddels, kunsmis en voedingstowwe akkuraat en
doeltreffend toedien, selfs in gebiede waar tradisionele toerusting moeilik kan
werk.
Gewasbeskerming
Ons help produsente met die gerigte toediening van gewasbeskermingsmiddels
om gewasse teen peste, siektes en ander bedreigings te beskerm. Die drone
bied die voordeel van presiese toediening sonder onnodige beweging deur die
gewas.
Kunsmis & voedingstowwe
Presisie-toediening van kunsmis en voedingstowwe kan help om plante se
behoeftes meer doelgerig aan te spreek. Ons drone-tegnologie maak dit
moontlik om produkte akkuraat oor die gewas toe te dien en sodoende
vermorsing te beperk.
Presisiebespuiting
Elke plaas en elke gewas het sy eie uitdagings. Ons fokus op presisie, akkurate
toepassing en doeltreffendheid om vir elke produsent ’n praktiese oplossing te
bied. Ons werk saam met die boer om die regte benadering vir die spesifieke
gewas en omstandighede te bepaal.
Graan, wingerde & boorde
Ons diens is geskik vir ’n verskeidenheid landboupraktyke, insluitend graanlande,
wingerde en vrugteboorde. Homeltuig-toediening bied veral waarde waar
toegang, terrein, gewashoogte of tydsberekening ’n uitdaging kan wees.
KONTAKTE
Kom ons praat oor u plaas.
Elke plaas, gewas en situasie is uniek. Kontak ons gerus om u behoeftes met
ons te bespreek en uit te vind hoe drone-toediening u boerdery kan ondersteun.
Of dit nou gaan oor *gewasbeskerming, kunsmis, voedingstowwe of ’n
spesifieke uitdaging op die plaas* – ons is gereed om saam met u na ’n
praktiese oplossing te kyk.
*Kontak AirTech Crop & Soil Solutions vandag en bring presisie na u plaas.*
GETUIGSKRIFTE
Wat ons kliënte sê
Ons kliënte se vertroue is vir ons van groot waarde.
Hier deel ons terugvoer van produsente wat van ons dienste gebruik gemaak het
en eerstehands die voordele van professionele drone-toediening ervaar het.
*Ons beste advertensie is ’n tevrede boer wat ons weer bel.*
TERME EN VOORWAARDES
Duidelik. Professioneel. Deursigtig.
Ons glo in duidelike kommunikasie en billike sakepraktyke.
Ons diensvoorwaardes beskryf die verantwoordelikhede van beide AirTech Crop
& Soil Solutions en die kliënt, asook die belangrike bepalings rondom drone-
toediening, produkte, toegang tot die land en betalings.
Ons doel is om seker te maak dat elke diens *duidelik, professioneel en volgens
ooreenkoms* uitgevoer word.
(die maatskapy is nie verantwoordelik indien daar iets fout is met die chemie of
die mengsel nie reg is wat deur die agent aan die boer voorsien is nie.)